Rekords spat by Reffies se jaarlikse Bokkesport
Tydens Akademie Reformia se onlangse Bokkesportbyeenkoms is daar verskeie rekords opgestel.
POLOKWANE – Die leerders by Akademie Reformia se onlangse Bokkesportbyeenkoms is in twee spanne opgedeel, naamlik die Springbokke en die Rooibokke.
Die Springbokke het seker gemaak hulle palm die sportbeker en altesaam ses rekords in.
Die Rooibokke het weggestap met die gees- en sangbeker.

Uitslae:
• Springbokke: 565 punte.
• Rooibokke: 535 punte.
Die atlete het vanjaar 13 rekords opgestel teenoor die agt van 2024.

• Junior Victrix Ludorum: Chrizanne van Zyl.
• Junior Victor Ludorum: Marnus Fourie.

• Senior Victrix Ludorum: Nika de Witt met vier rekords.
• Senior Victor Ludorum: Francois Fourie met drie rekords.
Rekords:
Verspring:
• Nika de Witt, meisies o/11, 3.74m.
• Francois Hoogendyk, seuns o/13, 4.53m.
• De Wet Hoogendyk, seuns o/10, 3.67m
Gewigstoot:
• Blake Owen, seuns o/10, 7.53m.
• Nika de Witt, meisies o/11, 9.87m.
• Juné Carstens, meisies o/13, 7.72m.
Hoogspring:
• Johann Becker, seuns o/11 1.22m.
• Milan Vogel, meisies o/11, 1.19m.
• Owen Kruger, seuns o/10, 1.09m.
Turbospies:
• Francois Fourie, seuns o/11, 20.7m.
• Nika de Witt, meisies o/11, 14.9m.
80m:
• Nika de Witt, meisies o/11, 12.62s.
• Francois Fourie, seuns o/11, 12.25s.
1 200m:
• Francois Fourie, seuns o/11, 4:37:00.




