Taberna Dei se kleuters by Saartjie Duisendpoot en Biandri Santoyo, Ons Winkel-bestuurder. Links: Alinka Horn dra swaar aan die tweedehandse-items wat sy gebring het
POLOKWANE – Saartjie Duisendpoot het verlede week by Taberna Dei Dagsorg en Kleuterskool gekuier, waar die kleuters haar vol kos gevoer het.
Dié kos is items uit die kleuters se huise wat nie meer deur die familie gebruik word nie, geskenk – van ou speelgoed en klere tot potte en panne.
Die Saartjie Duisendpoot-projek is die inisiatief van Ons Winkel, Helpende Hand se tweedehandse goederewinkel.
Alinka Horn help die tweedehandse items wat sy gebring het, aan dra.
Janru Engelbrecht, Leah Maritz en Terike Thomas met hulle sakke vol tweedehandse items.
Janru Engelbrecht met sy sak vol tweedehandse items.
Leerders en personeel van skole word aangemoedig om ‘n duisendpoot te bou met swartsakke vol items uit die huis uit.
Beandri Santoyo van Ons Winkel Polokwane, het die hoof van Taberna Dei Dagsorg en Kleuterskool, Mariska Oosthuizen, genader met die projek waarna Mariska dadelik ingestem het.
Die kleuters en ouers is ingelig en die swartsakke het by die skool begin opstapel. Woensdagoggend het die kleuters ‘n wurm met dié sakke gebou voor hulle dit aan Beandri oorhandig het.
“Hierdie insameling het ons wildste drome oortref. Dit word ongelooflik baie waardeer. Ons het altesaam 120 sakke op ons bakkie gelaai. Ons kan nie ons dank genoeg uitspreek nie,” het sy vertel.
My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.