Sport

Toyota Cheetahs baat by oorsese reis van afrigter Naka Drotské

VAN die oorsese kennis wat Naka Drotské onlangs opgedoen het, kan veral help om die Toyota Cheetahs se verdediging weer rotsvas te kry.

VAN die oorsese kennis wat Naka Drotské onlangs opgedoen het, kan veral help om die Toyota Cheetahs se verdediging weer rotsvas te kry.

So meen Harold Verster, besturende direkteur van die Cheetahs, in ‘n verslag wat onlangs uitgereik is.

Goeie lakwerk is juis volgens Droské, die Toyota Cheetahs se afrigter, een van Saracens se sterk punte en daarom kan sy span by dié Engelse klubspan leer.

Verster het gesê die Toyota Cheetahs-bestuurspan sal ‘n paar punte wat Drotské oorsee wys geword het bespreek en besluit hoe hulle dit kan toepas.

Die breier het besoek by die Engelse klubspanne, London Irish en Saracens, asok die Japanse span Toyota Verblitz afgelê verlede jaar. Volgens Drotské was sy besoeke waardevol en kan dit sy span in verskeie afdelings help.

Een só ‘n afdeling is die span se verdediging nadat die Toyota Cheetahs vanjaar te veel Super Rugby-drieë deur hul vingers laat glip het.

“Die groot ding by Saracens was die verdediging,” het hy gesê.

“Dit is ook waaraan ons moet werk. Ek het baie goeie idees by hulle gekry. Oor die algemeen is die verdedigingsplan wat hulle het die beste in Europa. Daaroor is daar nie twyfel nie. Veral hul uitvoering daarvan is baie goed.”

Paul Gustard, wat saam met Drotské in vorige jare by London Irish gespeel het, is Saracens se verdedigingsafrigter.

“Ek het goeie vergaderings met Saracens gehad en na hul oefeninge gekyk. Ons het ‘n paar positiewe insette gekry wat ons wil implementeer. Ons het baie idees uitgeruil. Hulle leer weer by ons oor die manier waarop ons aanval en hoe ons in sekere sones speel,” het hy verduidelik.

Met sy besoek aan London Irish, het Drotské gesê die manier waarop sy voormalige klub dinge doen, is vergelykbaar met hoe die Toyota Cheetahs te werk gaan.

“Dié besoek was ook insiggewend en ‘n paar verstellings sal gemaak word.”

By Toyota Verblitz het Droské twee Toyota Cheetahs wat tans in Japan vir die Docomo Red Hurricanes speel, Heinrich Brüssow en Johann Sadie. waargeneem.

Hulle sal terugkeer vir vanjaar se Super Rugby-seisoen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button