Sport

Limpopo byt spit af tydens eerste Cravenweek-wedstryd

Die jaarlikse o.18 Coca-Cola Cravenweek het Maandag by Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch begin met die Limpopo Blou Bulle wat met die intrapslag ‘n loesing van 7-52 teen Boland gekry het. Hoërskool Ben Vorster se Sibusiso Mlangeni was die enigste speler wat daarin kon slaag om agter die pale te gaan kuier en Wernich Kachelhoffer …

Die jaarlikse o.18 Coca-Cola Cravenweek het Maandag by Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch begin met die Limpopo Blou Bulle wat met die intrapslag ‘n loesing van 7-52 teen Boland gekry het.
Hoërskool Ben Vorster se Sibusiso Mlangeni was die enigste speler wat daarin kon slaag om agter die pale te gaan kuier en Wernich Kachelhoffer van Curro Heuwelkruin het die bal tussen die pale met sy akkurate skopskoen deurge­klits.
Benewens die wedstryd tussen Limpopo en Boland het die span van Namibië (38) teen Border Country Districts (14) te staan gekom.
Border het met ‘n eindtelling van 32-28 die oorhand oor die Pumas gekry en die Vrystaat moes met ‘n 27-41
loesing teen die Griffons tevrede wees.
Westelike Provinsie het met 20-13 oor die Blou Bulle geseëvier.
Limpopo Blou Bulle het Dinsdag ‘n rusdag gehad, maar sou na verwagting gister (Woensdag) teen Border Country Districts kragte meet.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button