Sport

Dieprivier bied weer groot 4×4-gesinspret

Polokwane kan weer begin uitsien na die jaarlikse Dieprivier 4×4 Gesinsnaweek wat op 27 en 28 Mei gehou word. Een van die organiseerders, Flip Snyders sê die geleentheid wat op die plaas, Diepri­vier plaasvind, is jaarliks opwindend met groot pret onder 4×4-entoesiaste. “Daar is weer ‘n ekoroete wat ongeveer drie uur duur om te voltooi …

Polokwane kan weer begin uitsien na die jaarlikse Dieprivier 4×4 Gesinsnaweek wat op 27 en 28 Mei gehou word.
Een van die organiseerders, Flip Snyders sê die geleentheid wat op die plaas, Diepri­vier plaasvind, is jaarliks opwindend met groot pret onder 4×4-entoesiaste.
“Daar is weer ‘n ekoroete wat ongeveer drie uur duur om te voltooi en verskeie uitdagings behels waar geesdriftiges hul vermoëns kan toets,” sê Snyders. ‘n Gymkana en rivierbedresies word ook aangebied en vierwiel-motorfietsryers is ewe welkom.
Inskrywings kos R800 per voertuig (vier persone) of R600 per 4×4-motorfiets (twee persone) vir die naweek. Inskrywingsgeld sluit deelname aan alle items en die kampfooi in.
Persone wat slegs Saterdag wil deelneem, moet R600 per voertuig (vier persone) en R400 per motorfiets (twee persone) opdok wat ook deelname aan alle items insluit.
Belangstellendes sal Saterdag R30 per volwassene betaal terwyl laerskoolleerders gratis toegang het. “Besoekers kan ook na die 4×4-opwinding en demonstrasies kyk of die uitstallings en kosstalletjies ondersteun,” sê Snyders.
Insrywings kan op die facebookblad, Dieprivier 4×4 Gesinsnaweek verkry word of vir meer inligiting kan Snyders by 083 446 7774 of Jurie Olivier by 082 462 0444 geskakel word.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button