Krieketklub sluit seisoen af
Die plaaslike Eagles Krieketklub het Saterdag-aand tydens hul jaareindfunksie spelers wat tydens die seisoen uitgeblink het, vereer. Dawid Roodt, spelerverteenwoordiger sê die klub het ‘n goeie seisoen agter die rug met die vrouespan wat nie net vanjaar vir die eerste keer aan die liga deelgeneem het nie, maar ook as kampioene aangewys is. ‘n Ander …

Die plaaslike Eagles Krieketklub het Saterdag-aand tydens hul jaareindfunksie spelers wat tydens die seisoen uitgeblink het, vereer.
Dawid Roodt, spelerverteenwoordiger sê die klub het ‘n goeie seisoen agter die rug met die vrouespan wat nie net vanjaar vir die eerste keer aan die liga deelgeneem het nie, maar ook as kampioene aangewys is.
‘n Ander klubhoogtepunt is dat Petri de Kock, Ruann Willemse en Theo Jansen van Rensburg gekies is om Limpopo as lede van die Impala Krieketspan te verteenwoordig.
“Ons het vanjaar baie nuwe bloed in ons span gehad as gevolg van die ouer spelers wat uitgetree het. Ek glo met harde werk en baie oefening behoort ons volgende seisoen uitstekend te vaar.”
Van die klub se uitblinkers die seisoen was Petri de Kock en Theo Jansen van Rensburg van die eerstekrieketspan. De Kock het tydens ‘n wedstryd teen plaaslike krieketklub, Al-Fatah nege paaltjies vir 15 lopies geneem en het die trofee vir Bouler van die Jaar ontvang.
Jansen van Rensburg het die hoogste telling van al die spelers aangeteken met 216 lopies en is as Kolwer van die Jaar aangewys.
Pieter Haasbroek het die trofee as Speler van die Jaar ontvang.
Hoof Foto: Leandri van Schalkwyk – Petri de Kock is as Bouler van die Jaar aangewys, Theo Jansen van Renburg, Kolwer van die Jaar, en Pieter Haasbroek as Speler van die Jaar tydens die seisoenafsluiting.
LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com






