Sport
Curriebeker – Lim o.20 Blou Bulle tans in derde plek
Die o.20-Limpopo Blou Bulle het Saterdag op die ou Peter Mokaba Stadion in die Curriebeker verbete baklei, maar Boland was te sterk en die bulle moes met ‘n loesing van 42-64 tevrede wees. Ten spyte van hul nederlaag lê die Limpopo Blou Bulle tans in die derde plek op die nasionale punteleer met Boland in …
Die o.20-Limpopo Blou Bulle het Saterdag op die ou Peter Mokaba Stadion in die Curriebeker verbete baklei, maar Boland was te sterk en die bulle moes met ‘n loesing van 42-64 tevrede wees.
Ten spyte van hul nederlaag lê die Limpopo Blou Bulle tans in die derde plek op die nasionale punteleer met Boland in die tweede plek en die Griffons bo-aan die lys.
Die bulle speel volgende Saterdag weer teen Boland in Wellington.
Story & Photos – RC Myburgh: Christiaan Wessels bevind hom in ‘n moeilike posisie tussen die Boland-spelers.


Die o.20-Limpopo Blou Bulle se Luke Heyns stamp sy opponente van die Bolandspan af.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



