Jong span vaar goed tydens provinsiale toernooi
Die o.13-aksiekrieketspan van Polokwane Action Sports het hul goed van hul taak gekwyt tydens die onlangse interprovinsiale aksiekriekettoernooi wat in Edenvale gehou is. Die span het ‘n algehele vierde plek ver-ower. Volgens hul afrigter, Lelane van der Merwe is dit ‘n groot prestasie aangesien dit die eerste keer in vyf jaar is wat dié plaaslike …

Die o.13-aksiekrieketspan van Polokwane Action Sports het hul goed van hul taak gekwyt tydens die onlangse interprovinsiale aksiekriekettoernooi wat in Edenvale gehou is. Die span het ‘n algehele vierde plek ver-ower. Volgens hul afrigter, Lelane van der Merwe is dit ‘n groot prestasie aangesien dit die eerste keer in vyf jaar is wat dié plaaslike klub ‘n o.13-span vir die gesogte toernooi inskryf.
Van der Merwe het die span se borge, Marten Gobey van Buco Hardware Buildware en ADA Ready Mix vir hul ondersteuning bedank.
Die klub wil graag hul ledetal vermeerder en veral jong seuns betrek. Belangstellendes kan Andy Muller by 073 241 0762 skakel.
Story & Foto: RC Myburgh: Limpopo o.13-aksiekrieketspanlede is Tiaan van den Heever (kaptein), Stebian van der Walt (afrigter), Juandre Slippers (kaptain), Lelane van der Merwe (spanbestuurder) en Eduan Gobey (onderkaptein). Agter is Liam van der Merwe, Jaden Rheeder, Marcelle de Villiers, Mauritz Claassen, Christian van Huyssteen, Byron Wilkon, Alexander Hartslief en Arno Lombard.



