Noordelikes trap Univen vas in Boet Fickliga
Goldwagen Noordelikes het Saterdag in die 17de ronde van die jaarlikse Boet Fickliga die spanne van die Universiteit van Venda (Univen) goed laat les opsê. Die derdespan het 54 punte teenoor Univen se skamele 14 aangeteken terwyl die eerstespan met ‘n wegholsege van 86-7 kan spog. Noordelikes het Saterdag die plaaslike gemeenskap se ondersteuning nodig …
Goldwagen Noordelikes het Saterdag in die 17de ronde van die jaarlikse Boet Fickliga die spanne van die Universiteit van Venda (Univen) goed laat les opsê.
Die derdespan het 54 punte teenoor Univen se skamele 14 aangeteken terwyl die eerstespan met ‘n wegholsege van 86-7 kan spog.
Noordelikes het Saterdag die plaaslike gemeenskap se ondersteuning nodig wanneer hulle in die laaste ronde teen Potgietersrus Rugbyklub te staan kom. Die uitslag sal bepaal watter spanne na die semifinaal deurdring.
Die eerste- en twee-despanne van beide klubs durf mekaar Saterdagmiddag op Noordelikes se velde aan.
Toegangsfooie is R20 per voertuig en drankies en eetgoed is te koop. Die eerste wedstryd begin om 15:00.
Story & Foto’s: RC Myburgh – Martin Stone van Noordelikes se der-despan breek deur Univen se verdediging.




