Dansers vir uitstekende styl geloof
Verskeie dansers van Frieda se Dansskool het tydens die onlangse Association of International Dance Teachers (AIDT) danseksamen geskitter. Surika-Mari van Coppenhagen het 90% vir klopdans, moderne dans en hip-hop behaal, terwyl Palesa Masimene dieselfde prestasie in klopdans en moderne dans bereik het. Dalize Barnard het haar hip-hop eksamen met lof, 90%, geslaag, Chrissie van Coppenhagen …

Verskeie dansers van Frieda se Dansskool het tydens die onlangse Association of International Dance Teachers (AIDT) danseksamen geskitter.
Surika-Mari van Coppenhagen het 90% vir klopdans, moderne dans en hip-hop behaal, terwyl Palesa Masimene dieselfde prestasie in klopdans en moderne dans bereik het.
Dalize Barnard het haar hip-hop eksamen met lof, 90%, geslaag, Chrissie van Coppenhagen het ook 90% vir moderne dans gekry, terwyl Zuané Breedt, Cara Coetzee en Emma Ströh almal 90% vir hul klopdansuitvoerings behaal het.
AIDT-eksaminator, Avril Owen het die dansers vir hul uitstekende styl en genotvolle optredes geloof. Die assosiasie is ‘n internasionale niewins-gewende eksamineringsliggaam met takke in verskeie lande.
Afrigter en eienaar van die dansskool, Frieda Lombard is baie trots op haar studente en skryf hul sukses aan harde oefening en besondere talent toe.
Storie en fotos: Alet-Elize van Jaarsveld
>>alet-elize@observer.co.za
Hooffoto: Dansers van Frieda se Dansskool wat almal 90% vir hul onderskeie items behaal het, is, Dalize Barnard, Palesa Masimene and Surika-Mari van Coppenhagen (voor). Agter is Emma Ströh, Zuané Breedt, Chrissie van Coppenhagen en Cara Coetzee.




