Sport

Potties maak geskiedenis met rugbysege

Die eerstespan van Potgietersrus Rugbyklub maak dramaties opgang en is Limpopowenners nadat hulle Saterdag die verdedigende kampioene, Northam Rhinos 20-16 geklop het en ook Boet Fickliga-kampioene is. Potties se eerstespan het twee weke gelede die Boet Fick seniorliga gewen deur Goldwagen Noordelikes 26-22 te troef waarna hulle Saterdag oor die Waterberg distrikwenners, Northam Rhinos koning …

Die eerstespan van Potgietersrus Rugbyklub maak dramaties opgang en is Limpopowenners nadat hulle Saterdag die verdedigende kampioene, Northam Rhinos 20-16 geklop het en ook Boet Fickliga-kampioene is.
Potties se eerstespan het twee weke gelede die Boet Fick seniorliga gewen deur Goldwagen Noordelikes 26-22 te troef waarna hulle Saterdag oor die Waterberg distrikwenners, Northam Rhinos koning gekraai het.
“Potties het harde bene gekou. Dit was ‘n moeilike wedstryd, maar die spelers het kop gehou en alles ingesit. Northam was verlede jaar Limpopokampioene en ons het geweet dit gaan nie maklik wees om hulle ore aan te sit nie,” sê Potties se klubvoorsitter, Renier Labuschagne.
Hans du Plessis en Deon Klein het elk ‘n slag agter die pale gekuier met Jan Vorster wat beide drieë verdoel het en met twee strafskoppe geslaag het.
“Die oorwinning beteken dat Potties die geleentheid kry om in die Goldcup, destydse Cell C Community Cup, te kompeteer. Ons speel reeds Saterdag in die eerste ronde op Klerksdorp teen die Vaal Reefs Rugbyklub. Dit is die eerste keer sedert 2012 wat Potties buite die Limpopogrense speel en ons is opgewonde oor die uitdaging. Ons het vanjaar geskiedenis gemaak en kan met trots sê ons is terug en hier om te bly,” sê Labuschagne.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: Potgietersrus Rugbyklub se eerstespan het Saterdag vir Northam Rhinos ore aangesit en tree as Limpopowenners uit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button