Sport

Jong dansers slaag hul eerste eksamen

Jong dansers van Frieda se Dansskool het onlangs hul eerste moderne danseksamen suksesvol afgelê. Die eksamen-groepdans het spronge, huppel- en vloerwerk ingesluit en Frieda Lombard, afrigter en eienaar van die dansskool sê die meisies was goed voorbereid en het die eksamen geniet. “Hulle het baie hard gewerk en is beloon met ‘n gunstige verslag waarop …

Jong dansers van Frieda se Dansskool het onlangs hul eerste moderne danseksamen suksesvol afgelê.
Die eksamen-groepdans het spronge, huppel- en vloerwerk ingesluit en Frieda Lombard, afrigter en eienaar van die dansskool sê die meisies was goed voorbereid en het die eksamen geniet. “Hulle het baie hard gewerk en is beloon met ‘n gunstige verslag waarop hulle kan verbeter.”
Avril Owen, eksaminator van Assosiation for International Dance Teachers (AIDT), het die dansers alle sukses vir die toekoms toegewens. AIDT is ‘n internasionale niewinsgewende danseksamineringsliggaam.

Storie en foto: Alet-Elize van Jaarsveld
>>alet-elize@observer.co.za

Hooffoto: Die dansers van Frieda se Dansskool wat onlangs hul eerste moderne danseksamen suksesvol voltooi het, is Larissa Gerritzen, Jaymie Swart en Rishelle Cloete. Agter is Mekayla Kriel, Nelca de Beer, Bernice Grebe en Xanthé Steynberg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button