Sport

Plaaslike karatekas skitter by SA’s

‘n Goed voorbereide groep karatekas van JKA Pietersburg Karateklub het onlangs die stad se naam hoog gehou tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe wat in Johannesburg aangebied is. Sensei Piet van Rensburg sê 17 van sy klub­lede het teen sowat 3 000 van die land se bestes te staan gekom en twee goue, sewe silwer- en 14 …

‘n Goed voorbereide groep karatekas van JKA Pietersburg Karateklub het onlangs die stad se naam hoog gehou tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe wat in Johannesburg aangebied is.
Sensei Piet van Rensburg sê 17 van sy klub­lede het teen sowat 3 000 van die land se bestes te staan gekom en twee goue, sewe silwer- en 14 bronsmedaljes verower. Karatekas het in die kumite-, kata- en spangevegafdelings deelgeneem. Kumite is ‘n fisiese geveg teen ‘n opponent, terwyl kata die presiese uitvoering van ‘n reeks bewegings is.
In die juniorkata-afdeling het Stephan van Rensburg goud behaal, terwyl Paul Snyman met ‘n silwermedalje om die nek weggestap het. Kevin van Wyk, Abhinav Kaipahangalath, Anica Badenhorst en Leandré Coetzee het bronsmedaljes verower.
Koos Hartzenberg het goud in die seniorkata-afdeling behaal, terwyl Marisa Claasens silwer verower het en Ben Vorster met ‘n bronsmedalje huis toe gekom het.
Stephan het saam met Leandré Coetzee en Henri Purcocks aan die juniorkumite-afdeling deelgeneem en al drie het brons verower. Emmanuel Manaka, Kevin van Wyk en Abhinav Kaipahangalath het silwermedaljes in dieselfde afdeling losgeslaan.
Claude Reynolds het in seniorkumite-afdeling brons verwerf terwyl Marisa Claasens en Koos Hartzenberg silwer gekry het.
In die spangeveg-afdeling het Costley Maoto, Chris van Rensburg, Claude Reynolds en William Malabana brons verower.
Al die karatekas wat medaljes verower het, kwalifiseer vir nasionale kleure.

Storie en foto’s:THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

Marisa Claassens, Ben Vorster, Koos Hartzenburg, voor, Costley Maoto, Chris van Rensburg, Claude Reynolds en Coenraad Scheepers, agter, is JKA Pietersburg Karateklub se seniorlede wat aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deelgeneem het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button