Run/Walk for Life wens atlete sterkte toe
Atlete van Run/Walk for Life in die stad is Saterdag tydens ‘n ontbyt by Nguni Grill elk met ‘n bystandsak bederf voor hulle Sondag vir die 92ste Comrades Marathon in Durban aantree. Kobie Marais, Run/Walk for Life-voorsitter, het nuttige wenke oor die roete, strategiese tydsbeplanning en waterpunte gegee. Hy het ook die atlete aangemoedig om …

Atlete van Run/Walk for Life in die stad is Saterdag tydens ‘n ontbyt by Nguni Grill elk met ‘n bystandsak bederf voor hulle Sondag vir die 92ste Comrades Marathon in Durban aantree.
Kobie Marais, Run/Walk for Life-voorsitter, het nuttige wenke oor die roete, strategiese tydsbeplanning en waterpunte gegee.
Hy het ook die atlete aangemoedig om die wedloop gedurende die week te visualiseer en om hulself fisies en emosioneel voor te berei.
Net drie klublede, Laetitia Geldenhuys, Brenda Bopape en Koashick Mistry verteenwoordig die klub vanjaar.
Geldenhuis neem aan haar sewende Comrades deel, terwyl Bopape aan haar derde en Mistry die vierde keer vir die uitmergelende
86,73 km aantree.
“Voorspoed en baie sterkte aan elkeen. Julle kwalifiserende tye lyk goed en ek glo julle sal binne die afsnytyd klaarmaak. Namens die Run/Walk for Life-bestuur dra ek julle aan die Here op.”
Hy het ook die ondersteuningspan vir hul harde werk en voorbereiding bedank.
Marais sê die klub is toegewyd om individue te help om ‘n gesonde en fiks leefstyl te handhaaf en aan atletiek of selfs lang afstande soos marathons en ultramarathons deel te neem.
Storie en foto’s: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za






