Lim-reuse voer fel stryd op rugbyveld
Toeskouers het Saterdag langs Goldwagen Noordelikes se velde skouspelagtige rugby beleef toe dié klub se eerste- en tweedespanne teen Letaba Rugbyklub te staan gekom het. Noordelikes se tweedespan het uit die staanspoor vir die besoekers ‘n deeglike les in klubrugby met ‘n wentelling van 52-0 gegee. Daar was geen weerstand van Letaba af toe die …

Toeskouers het Saterdag langs Goldwagen Noordelikes se velde skouspelagtige rugby beleef toe dié klub se eerste- en tweedespanne teen Letaba Rugbyklub te staan gekom het.
Noordelikes se tweedespan het uit die staanspoor vir die besoekers ‘n deeglike les in klubrugby met ‘n wentelling van 52-0 gegee. Daar was geen weerstand van Letaba af toe die Noordelikes se voorrye in die eerste paar minute van die wedstryd hul eerste drie gedruk het nie en die tuisspan was teen rustyd reeds met 26-0 voor.
Die eerstespan het gehoop om op die tweedes se sukses voort te bou maar is deur ‘n vasberade Letaba ontmoet en moes alles in die stryd werp om uiteindelik die veld met ‘n telling van 20-22 verlaat.
Storie en foto’s: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za






