Sport

Mini 4×4-uitdaging Saterdag in stad

Die Limpopo 4×4-klub bied Saterdag weer aan viertrekentoesiaste geleentheid om tydens die Mini 4×4-uitdaging te wys waartoe hulle in staat is wanneer dit by uitmergelende hindernisse kom. Die uitdaging word by die Limpopo 4×4-klub se baan op die Siliconpad aangebied en almal is welkom om in te skryf. Een van die organiseerders, Leatitia Groenewald, sê …

Die Limpopo 4×4-klub bied Saterdag weer aan viertrekentoesiaste geleentheid om tydens die Mini 4×4-uitdaging te wys waartoe hulle in staat is wanneer dit by uitmergelende hindernisse kom.
Die uitdaging word by die Limpopo 4×4-klub se baan op die Siliconpad aangebied en almal is welkom om in te skryf.
Een van die organiseerders, Leatitia Groenewald, sê belangstellendes hoef nie aan ‘n klub te behoort om deel te neem nie. “Enigeen is welkom om in te skryf. Ons wil veral amateurs lok om saam met meer ervare deelnemers in die pret te deel. Die baan word ook so uitgelê dat voertuie nie beskadig word nie en dit skep die ideale geleentheid vir onervare deelnemers om om hul voertuie se vermoë en hul eie vernuf agter die stuurwiel te toets,” sê Groenewald. Die uitdaging begin om 09:00 en behoort teen 16:00 afgehandel te wees. Inskrywingsfooie beloop R200 per voertuig. Toegangsfooie vir toeskouers is R20 per volwassene 18 jaar en ouer, R10 vir 12 tot 17 jariges en gratis vir die jonger as 12.
Kos en drinkgoed sal te koop aangebied word en deelnemers word genooi om hul families saam te bring.
Vir inskrywings of meer inligting kan Groenewald by 081 466 6296 geskakel word.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button