Sport

Jong tennisspelers ding mee vir plek op leer

Twee jong tennisspelers van die stad, Dian Gouws en Zoë Venter, het Vrydag bo-aan die provinsiale punteleer in hul onderskeie o.10-afdelings tydens die Limpopo-proewe geëindig wat by die Polokwane Tennisklub aangebied is. Volgens Rosa Joubert, komiteelid van Limpopo Tennis, het 14 seuns en sewe -meisies van regoor die provinsie in rondomtalieformaat meegeding om die amptelike …

Twee jong tennisspelers van die stad, Dian Gouws en Zoë Venter, het Vrydag bo-aan die provinsiale punteleer in hul onderskeie o.10-afdelings tydens die Limpopo-proewe geëindig wat by die Polokwane Tennisklub aangebied is.
Volgens Rosa Joubert, komiteelid van Limpopo Tennis, het 14 seuns en sewe -meisies van regoor die provinsie in rondomtalieformaat meegeding om die amptelike Limpopo-tennis­leer te bepaal waarvolgens later in die jaar interprovinsiaal deelgeneem sal word.
Dian is as nommer eenspeler op die toptien-rangleer van die seunsafdeling aangewys gevolg deur Tiaan Steffen, Andru van Zyl, Wihan Bezuidenhout, Johan Bosch, Jannes van Zyl, JP Botha, Jannes Becker, JP Wheeler en Rogan van den Berg.
In die meisie-afdeling is Zoë die beste met Hesmé Holtzhauzen, Erné Kotze, Carli Becker, Issabella Brett, Ellené van der Westhuizen en Melissa Meyer op haar hakke.
Na afloop van die toernooi het die spelers en hul ouers mekaar vriendskaplik in dubbelspelle gemeet te staan gekom en groot pret op die baan gehad.

Storie en foto’s: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

Erné Kotze stuur die bal terug na haar opponent, Carli Becker, terug.
Jannes Becker spring om die bal by te kom.
Andru van Zyl Saterdag in aksie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button