Sport

Jukskeispelers baat by afrigting tydens ­kliniek

Ongeveer 50 jong jukskeispelers van verskeie skole in en om die stad het Saterdag onder leiding van twee Springbokafrigters hul vernuf op die jukskeibaan probeer verbeter tydens Pietersburg Jukskeiklub se afrigtingskliniek. Andri Marais, een van die afrigters, sê die kliniek was nie net op skooldeelname gemik nie, maar enigeen wat jukskei wil begin speel, was …

Ongeveer 50 jong jukskeispelers van verskeie skole in en om die stad het Saterdag onder leiding van twee Springbokafrigters hul vernuf op die jukskeibaan probeer verbeter tydens Pietersburg Jukskeiklub se afrigtingskliniek.
Andri Marais, een van die afrigters, sê die kliniek was nie net op skooldeelname gemik nie, maar enigeen wat jukskei wil begin speel, was welkom. “Dié wat ook hul tegniek wil verbeter, het deelgeneem om die fynere kuns van die sport te bemeester,” sê sy.
Leerders van onder meer Laerskool- en Hoërskool Dendron, Laerskool Pietersburg-Oos, Pie­tersburg Laerskool en Hoërskool Pietersburg het deelgeneem. Die Springbokspelers wat deel van die afrigtingspan was, is Francois van Zyl en Chris Viljoen.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hoërskool Pietersburg-speler, Clarise Reynecke het reeds die draaiskei bemeester.
Kwena Setoaba van Laerskool Dendron speel ‘n reguitskei.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button