Krugies se rugbyheld tops by Coca Cola Cravenweek rugbytoernooi
PIETER Vorster, hoofseun van Laerskool Krugerpark, het gedurende die Coca Cola o/13-Cravenweek rugbytoernooi kookwater rugby gespeel en is reeds op die tweede dag as speler van die wedstryd gekroon.
MOKOPANE – PIETER Vorster, hoofseun van Laerskool Krugerpark, het gedurende die Coca Cola o/13-Cravenweek rugbytoernooi kookwater rugby gespeel en is reeds op die tweede dag as speler van die wedstryd gekroon.
Die jaarlikse rugbytoernooi het op Maandag, 29 Junie, afgeskop by Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier en belowende jong rugbyspelers van reg oor die land asook Namibië en Zimbabwe het hier kom kragte meet.
Pieter het as flank vir die Limpopo Bloubulspan uitgedraf en dit was gedurende ‘n kop-stamp wedstryd teen die Vrystaat wat hy die titel as speler van die wedstryd verwerf het. Die Limpopo Bloubulspan het twee van vier aksiebelaaide wedstryde gewen.
“Pieter eet, slaap en droom rugby dit is beslis een van sy groot drome om eendag ‘n professionele rugbyspeler te wees,” sê sy ma, Mara Vorster, trots.




