Local sportSport

Danspassies haar lewe

Die agtjarige danser Surika-Mari van Coppenhagen neem deel aan moderne dans, klopdans en hip-hop.

POLOKWANE – Maritsa, haar ma, vertel dat Surika-Mari reeds van driejarige ouderdom af dans en het in gr. R haar eerste danseksamen afgelê  en van gr. 1 af haar eksamens met 90% en hoër geslaag.

“Ek dans by tannie Frieda se Dansskool. Sy leer my allerhande danspassies. Dit maak my baie bly om te hoor ek het my eksamens geslaag, veral nadat ek ‘n moeilike passie moes leer. Ek geniet dit vreeslik om te dans,” vertel Surika-Mari.

Maritsa vertel dat Surika-Mari se liefde vir dans nie iets nuuts in hul familie is nie aangesien sy en haar ma ook dansers is.

“Surika-Mari stap nooit, sy dans van een vertrek tot die ander. Sy het al van kleintyd af ‘n liefde vir dans,” vertel Maritsa. Surika-Mari sing ook in Oosskool se junior koor en het hierdie jaar begin perdry. Sy het ook op ‘n stadium gimnastiek beoefen.

Surika-Mari vertel dat sy lief is daarvoor om voor ander mense op te tree. “Ek dans soms in my kamer en wil graag ‘n dansonderwyser word,” vertel sy.

maretha@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button