Zanis-gimnaste skitter by Noordsone kompetisie
Gimnaste wie in hul onderskeie afdelings uitgeblink het:
POLOKWANE – Altesaam 71 van Zanis Gimnastiek Akademie se gimnaste, Vlak een tot drie, het deelgeneem aan die onlangse Noordsone Gimnastiekkompetisie in Kemptonpark.
Die gimnaste het almal ook Limpopo-kleure ontvang tydens die kompetisie.
Gimnaste van Limpopo, Oos-Gauteng, Gauteng en die Vaaldriehoek het aan die kompetisie deelgeneem. Hierdie kompetisie is die grootste kompetisie vir enige Vlak 1, 2 of 3 artistiese gimnas om aan deel te neem.
Die gimnaste ontvang ‘n medalje volgens hul saamgestelde punt op al vier apparate, waarvan goud die hoogste is.
Die Zanis-gimnaste het 48 goue medaljes, 18 silwer medaljes en vyf brons medaljes verower.
Gimnaste wie in hul onderskeie afdelings uitgeblink het:
• Eerste plek:
Lejane Bredenkamp, Leane Lourens, Jani Wagner, Berco van der Linde, Aydon Venter en Pedri Neethling.
• Tweede plek:
Ansuretha Perold, Kgalalelo Valoyi, Izandri Baker, Vine van der Heever, Mentis Michaelangelo, Zaeem Cassim, Julian Lombard en Martin Weweje.
• Derde plek:
Clarette du Plessis, Mia van der Merwe, Nicola Hough, Lulu Matoba, Xander Schnell en Kamogelo Rangoato.




