School sportSport

Pieties en Potch krieketspanne meet kragte

Hoërskool Pietersburg (PHS) se eerste- en o/15-krieketspanne het die afgelope naweek teen die Potchefstroom Gimnasium-spanne te staan gekom.

POLOKWANE – PHS se eerstespan het tuis gespeel en 168 lopies in 46,1 boulbeurte aangeteken. Die Potchefstroom-span het 173 lopies in 31,4 boulbeurte aangeteken om die wedstryd met ses paaltjies te wen.

Die o/15’s het in Potchefstroom gespeel en PHS het 181 lopies, almal uit, in 47 boulbeurte aangeteken. Potchefstroom se spelers kon slegs daarin slaag om 128 lopies (almal uit) in 38 boulbeurte aan te teken.

PHS se Gerhard Greeff is as die speler van die week aangewys en dié skool se o/15-span is tans 12de op die land se krieketranglys.

“Ons is baie trots op ons spelers, in besonder die o/15-span. Dit is voorwaar ‘n besondere prestasie om 12de in die land gelys te wees,” vertel Lienkie Roodt, PHS krieketorganiseerder.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button