School sportSport

Pieties maak naam by SA’s

Altesaam nege van PHS se atlete het hul skool se naam by die byeenkoms in Potchefstroom op 23 Maart gaan hoog hou.

POLOKWANE – Terwyl leerders van Hoërskool Pietersburg (PHS) gereed gemaak het vir die laaste skooldae voor die vakansie het van dié skool se atlete hulle gereed gemaak om hul skool by die SA Skole-atletiek Kampioenskappe te verteenwoordig.

Hulle was Zenobea Jewaskiewitz, Chinique Brown, Rinelda van der Linde, Michelle Claassens, Marcelle de Jager, Zanru Jewaskiewitz, Nicky Bam, Leon Potgieter en Shane Botha.

Zenobea Jewaskiewitz verower ‘n brons medalje in die 100 m vir meisies o/17.

• Zenobea Jewaskiewitz het in die 100 m vir die finaal gekwalifiseer en spog met ‘n brons medalje. Sy het ook vir die 200 m finaal gekwalifiseer.

• Chinique Brown het in die 100 m deurgedring na die finaal en spog met ‘n agtste plek.

• Marcelle de Jager het in die verspring ‘n brons medalje verower.

• Rinelda van der Linde het in die diskus ‘n 12de plek behaal.

• Michelle Claassens het in die 300 m hekkies na die finaal deurgedring.

Marcelle de Jager verower ‘n brons medalje in die verspring vir meisies o/17.

• Leon Potgieter het in die 300 m hekkies na die finaal deurgedring.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

 
Back to top button