School sportSport

Perde diè twee se passie

Perdry is iets wat Laerskool Pietersburg-sibbe, Sharné Venter (gr. 2) en haar broer Aydon (gr. 7) as ‘n gesinsport beskou.

POLOKWANE – Dié twee leerders spog reeds met verskeie pryse wat hulle in beide skouspring en ander kompetisies gewen het. Meer onlangs het die twee in April in ‘n kompetisie gaan deelneem waar hulle die skool kon verteenwoordig.

Aydon verower daar drie derde plekke en twee eerste plekke en kom algeheel tweede as die reserwekampioen in vlak 2.

Lees ook: Danspassies haar lewe

Sharné raap twee derde plekke en drie vierde plekke op en kom algeheel vierde in vlak 0.

Sy vertel dat sy van jongs af reeds perdry en glad nie bang is om alleen te ry of aan kompetisies deel te neem nie.

“Aydon is een van my rolmodelle en ek beoog om eendag sy kompetisie in dié sportsoort te wees,” verklap sy.

Aydon geniet dit om saam met sy suster aan kompetisies deel te neem want hulle ondersteun mekaar, wat baie tot hul sukses bydra.

“Omdat ek en my suster saam perdry bou ons ‘n hegte en liefdevolle band, veral omdat ons saam op ons perde oefen en hul naweke versorg,” vertel hy.

Die twee sien uit daarna om lank na skool steeds aan dié sportsoort deel te neem, en afhangend van hoe lank hulle word, vertel Aydon dat hulle graag joggies na skool sal wil word.

Hulle beveel perdry vir enige iemand aan omdat dit ‘n sportsoort is wat jou na aan die natuur laat voel omdat daar so ‘n sterk band tussen die ruiter en perd moet wees.

“Dit leer jou geduld, dissipline en uithouvermoë. Dit is goed vir jou liggaam en help met jou konsentrasievermoë,” vertel Aydon. Alhoewel hy al ‘n paar keer afgeval het, het hy elke keer opgestaan en weer probeer omdat hy so baie van perdry hou.

Hy ry al sedert die ouderdom van vyf perd en het ‘n aanvoeling vir diere, veral perde wat een van sy gunsteling diere is.

Aydon het sy eerste 40 km-uithourit op die ouderdom van nege gery. Hy wou graag aan die 80 km uithourit deelneem maar is nog te jonk. Hy het ook aan skouspring deelgeneem maar toe hy die eerste keer aan western mounted games deelgeneem het, was dit verby.

Hy het met dié speletjies in 2016 op vlak 0 begin. Hy was daardie jaar vir die Limpopospan gekies en het aan die nasionale kampioenskappe in Pretoria deelgeneem.

Verlede jaar was hy op vlak 1 en is hy weer vir die Limpopospan gekies. Die keer was die nasionale kompetisie in Parys. Hy het sy persoonlike tyd tot so ‘n mate verbeter dat hy na vlak 2 opgeskuif het met sy merrie, Sharifa. Hy hoop om weer vanjaar vir die Limpopospan gekies te word.

Hy het vanjaar met ‘n nuwe perd begin ry en beoog om volgende jaar met dié na die kampioenskappe uitgenooi te word.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button