School sportSport

Atlete hou CVO Skool Potgietersrus se naam hoog

Dié atlete gaan die komende naweek die skool verteenwoordig as deel van die Noord-Transvaal se Beweging vir Christelik Volkseie Onderwys (BCVO) span.

MOKOPANE – DIE CVO Skool Potgietersrus is trots op 56 van hulle atlete.

Dié atlete gaan die komende naweek die skool verteenwoordig as deel van die Noord-Transvaal se Beweging vir Christelik Volkseie Onderwys (BCVO) span tydens die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe in Sasolburg.

Afrigter Charlé Genis en die meisiesatlete.

Die byeenkoms word in die DP de Villiers Stadion gehou.

Afrigter Pieter John Venter sê dat Sias Oosthuizen en Daleen van Schalkwyk uitblinkers is en vir seker dopgehou kan word. “Sias is verlede maand tydens die Noord-Transvaal Atletiekbyeenkoms aangewys as die Victor Ludorum van die laerskool en Daleen as die Victrix Ludorum van die hoërskool.”

Die byeenkoms het plaasgevind op Hoërskool Pietersburg se bane waar al die BCVO skole in die streek se atlete teen mekaar meegeding het vir ‘n plek in die Noord-Transvaalspan.

Afrigter Pieter-John Venter en die seunsatlete.

“Om weer normaal te kan funksioneer en om weer atlete te kan hê wat presteer en rekords opstel is ‘n geskenk van bo,” sê skoolhoof Jan Harmse. “Die atlete het hard geoefen en dis lekker om weer ‘n medalje om ‘n atleet se nek te hang.”

Sy boodskap aan elkeen van die atlete is om hulle beste te gee. “Geniet elke oomblik en hou ons skool se naam hoog.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

 
Back to top button