Mev Polokwane: top 10 finaliste
Tydens 'n spesiale byeenkoms by Bolivia Lodge is die 10 finaliste van die Mev. Polokwane-kompetisie Maandag aangewys.
POLOKWANE – Tydens ‘n spesiale byeenkoms by Bolivia Lodge is die 10 finaliste van die Mev. Polokwane-kompetisie Maandag aangewys.
Tydens dié geleentheid het die beoordelaars onderhoude met die deelnemers gevoer.
Die 10 finaliste sal op 22 November tydens ‘n glans-geleentheid aan die finale ronde van hierdie kompetisie deelneem en Mev. Polokwane sal aangewys word.
Die finaliste sal op 7 November aan ‘n spinning-geleentheid by die Body Life gimnasium in Magazynstraat deelneem. Elke finalis moet ten minste twee spanne inskryf vir die geleentheid. Elke span bestaan uit agt fietsryers. Die finaliste moet ook borge werf.
Alle fondse wat ingesamel word daardie sal vir die volgende Mev Polokwane se liefdadigheidsprojekte aangewend word.



