Local newsNews

Gladdebekkie eindig tweede in wêreldwye kompetisie

Leané Nortje het met 5 000 kunstenaars vanuit meer as 100 lande regoor die wêreld meegeding.

Laerskool Helderkruin se gunstelinggladdebekkie het onlangs nie net haar skool se naam hoog gehou nie, maar ook haar land s’n toe sy ‘n algehele tweede plek in haar ouderdomsgroep tydens die World Monologue Games behaal het.

Leané Nortje het met 5 000 kunstenaars vanuit meer as 100 lande regoor die wêreld meegeding. Dié uitstekende prestasie volg nadat sy vroeër vanjaar na die Regional Finals deurgedring het en die eerste plek op die Afrika-ranglys behaal het.

Haar eerste plek het haar gevolglik ‘n plek in die Global Finals verseker. Slegs 95 deelnemers het deurgedring na dié finaal wat virtueel op 12 November gehou is. Die wenners is eers op Woensdag, 24 November aangekondig, en Leané het die wonderlike nuus ontvang dat sy tweede in die wêreld geëindig het.

Aangesien dit die tweede jaar is dat Leané aan die World Monologue Games deelgeneem het, beklee sy die eerste plek op die wêreldranglys in die Tigers-kategorie (kinders onder 12).

World Monologue Games is verlede jaar deur Australiër Pete Malicki ingestel om ‘n isolasievriendelike platform vir kunstenaars te skep.

Laerskool Helderkuin is trots op Leané en kan nie wag om te sien watter hoogtes sy nog gaan bereik nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button