Kerk vra hulp om naasbestaandes op te spoor
NG Culembeeck rig 'n versoek aan die gemeenskap om hulle te help om naasbestaandes van afgestorwe lede van NG Witpoortjie en NG Mindalore op te spoor.
Terwyl die samesmelting van drie plaaslike NG-gemeentes grotendeels suksesvol afgehandel is, is daar steeds enkele onafgehandelde sake.
Volgens ds Lamè Faasen van NG Culembeeck is daar nog gedenkmuurnissies by beide NG Witpoortjie en NG Mindalore wat nie deur families opgeëis is nie.
“Met die vereniging van die gemeentes is die gedenkmuur na NG Culembeeck verskuif. Dit is vir ons belangrik om die naasbestaandes van die geliefdes wie se name op die gedenkmuur verskyn, van hierdie verandering in kennis te stel,” sê sy.
“Ongelukkig beskik ons nie oor die kontakbesonderhede van die naasbestaandes nie. Ons sal dit dus waardeer indien die gemeenskap ons hiermee kan help.”
Die onopgeëisde nissies is soos volg:
NG Mindalore
• Jacobus Coenraad van der Ryst, sterftedatum: 04/08/2006
• Solomon Hendrik Pienaar, sterftedatum: 22/08/2013
• Elizabeth Magriete van der Merwe, sterftedatum: 30/05/2006
• Samuel Heunis, sterftedatum: 05/1990
• Troy Novak Marks, sterftedatum: 14/10/2008
• Catharina Helena Rheeder, sterftedatum: 01/03/2009
• Johannes Cornelius Zuidmeer Rowan, sterftedatum: 31/08/2007
• Andries Stephanus van Zyl, sterftedatum: onduidelik
• William John Smith, sterftedatum: 20/01/2013
• Hendrik Luther van Eede, sterftedatum: 13/11/2019
• Engelina Christina van Tonder, sterftedatum: 10/07/2022
NG Witpoortjie
• Sarah Ferdinand Verhoef, sterftedatum: 02/07/2025
• Anna EN Bothes, sterftedatum: 08/11/2023
“Ons doen ’n beroep op alle gemeenskapslede wat inligting het oor hoe om met die naasbestaandes van bogenoemde persone in verbinding te tree.”
Skakel die kerkkantoor op 011 769 1055 of stuur ’n e-pos na kantoor@liveitchurch.com.



