Local newsNews

Drie ton klere ingesamel by skool kerke

Malvern Kinderhuis sê dis die grootste skenking van klere wat hulle nog ontvang het.

Meer as drie ton klere is ingesamel deur Kuswag leerlinge vir minder bevoorregtes.

“Hiermee net ‘n baie groot baie dankie vir julle elkeen se bydrae en insette by ‘Kuswag vir klere’ projek. Dit was ‘n reuse sukses gewees. Ons het 2947,4kg klere ingesamel, plus ‘n paar laat sakke wat ingekom het – ons staan dus op oor die drie ton klere.

Ek wens jul kon die organisasies wat kom laai het se dankbaarheid sien. Malvern Kinderhuis sê dis die grootste skenking van klere wat hulle nog ontvang het,” sê Pastoor Renier Thiart van The Cross Church. Verskillende AFM kerke was ook betrokke in die projek.

Dit was ‘n droom gewees vir almal om as Kuswagskool en VCSV iets daadwerkliks te doen om die nood in direkte samelewingskringe te verlig.

“Ons kan met dankbaarheid se dat ons deur God se krag en sy Gees se motivering in die kinders se harte ‘n verskil kon maak vir en deur 9 organisasies: Malvern kinderhuis, Mother of Peace, ACTS, Palmtree Children’s Home, Helpende Hand, NG Gemeente Suidkus, Seed of Hope, Jonah’s Journey en Toti Cares,” sê Renier.

“Nou nie om alles aan rand en sent te meet nie, maar neem net die volgende in ag – die totale onkoste van die projek was ongeveer R7,000. As 1kg klere ongeveer R200 werd is, het ons met hierdie R7,000 belegging ongeveer R600,000 se klere ingesamel.”

Die kinders wat die meeste ingebring het is WG Le Roux (136kg), Roelien Turner (126kg) en Aimee Bosman (122,5kg).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Sun in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button