KR002085
PH100 – JB MARKS PLAASLIKE MUNISIPALITEIT HERSONERING (WYSIGINGSKEMA 2619) EN VRYSTELLING VAN ONDERVERDELING EN KONSOLIDASIE, Kennis geskied hiermee in terme van Artikel 92(1)(a) van die Tlokwe Stadsraad se Verordening op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbeheer, 2015, saamgelees met SPLUMA (Wet 16 van 2013) dat ondergemelde aansoek deur die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit ontvang is en ter insae beskikbaar is gedurende gewone kantoorure te die kantoor van die Departement van Menslike Nedersettings en Beplanning, JB Marks Plaaslike Munisipaliteit, Kantoor 210, Tweede Vloer, Dan Tloome Kompleks, op die hoek van Wolmaransstraat en Sol Plaatjielaan, Potchefstroom. Enige beswaar/verto moet skriftelik, of mondelings indien nie kan skryf nie, by of tot die Munisipale Bestuurder voor die sluitingsdatum vir die indiening van besware/verto by bovermelde adres of na Posbus 113, Potchefstroom, 2520 ingedien of gerig word, of by Peter Moretsi by pmoretsi@jbmarks.gov.za en of 018 299 5789 met vermelding van bogenoemde opskrif die beswaarmaker se belang in die saak, die grond(e) van die beswaar/verto, die beswaarmaker se erf en telefoonnommers en adres. SLUITINGSDATUM VIR DIE INDIENING VAN BESWARE/VERTO: 04 JUNIE 2026 AARD VAN AANSOEK: HERSONERING: Aansoek word hiermee gedoen vir die wysiging van die Tlokwe- dorpsbeplanningskema, 2015, deur die hersonering van Erf 1909, Van Der Hoffpark Uitbreiding 72 Dorpsgebied, Registrasieafdeling I.Q., Noordwes Provinsie, vanaf *`Residensieel 3 met Bylae 1768` na `Besigheid 2` ten einde `Kantoorgebruik`, `Restaurant` en `Wooneenhede` te akkommodeer, ingevolge Artikel 62, vervat in Hoofstuk 5, en die toepaslike Artikels van Hoofstuk 6 van die Tlokwe Stadsraad se Verordening op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2015, saamgelees met die Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, Wet 16 van 2013. VRYSTELLING VAN ONDERVERDELING EN KONSOLIDASIE: Verder is *`n Vrystelling van Onderverdeling en Konsolidasie vir die registrasie van `n serwituut vir `n reg-van-weg oor Erf 1908, Van Der Hoffpark Uitbreiding 72 Dorpsgebied, Registrasieafdeling I.Q., Noordwes Provinsie, ten gunste van Erf 1909, Van Der Hoffpark Uitbreiding 72 Dorpsgebied, Registrasieafdeling I.Q., Noordwes Provinsie, ingevolge Artikel 71, vervat in Hoofstuk 5, saamgelees met Hoofstuk 6 van die Tlokwe Stadsraad se Verordening op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2015, asook die Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, Wet 16 van 2013, ingedien. EIENAAR : LEACH CO3 (REGISTRATION NUMBER: 2024/070758/07) APPLIKANT: K.W. ROST (GEBOORTEDATUM: 1976/07/21) VAN TOWNSCAPE PLANNING SOLUTIONS CC REG NR: 2000/045930/23 ADRES : 14 VAN GRAAN STRAAT, POTCHEFSTROOM, 2531. POSBUS 916, POTCHEFSTROOM, 2522. TEL NO : 082 662 1105 EPOS : WILHELM@TPSPLANNERS.CO.ZA ONS VER. : P261088 MUNISIPALE BESTUURDER: MR K KUMBE
Reference Number: KR002085