KR002096
PH109 – JB MARKS PLAASLIKE MUNISIPALITEIT DORPSTIGTING, VRYSTELLING VAN ONDERVERDE- LING EN KONSOLIDASIE, OPHEFFING VAN BEPERKENDE VOORWAARDES, BAILLIE PARK UITBREIDING 67 Kennis geskied hiermee in terme van Artikel 92(1)(d) & (e) van die Tlokwe Stadsraad se Verordening op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbeheer, 2015, saamgelees met SPLUMA (Wet 16 van 2013) dat ondergemelde aansoek deur die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit ontvang is en ter insae beskikbaar is gedurende gewone kantoorure te die kantoor van die Departement van Menslike Nedersettings en Beplanning, JB Marks Plaaslike Munisipaliteit, Kantoor 210, Tweede Vloer, Dan Tloome Kompleks, op die hoek van Wolmaransstraat en Sol Plaatjielaan, Potchefstroom. Enige beswaar/verto moet skriftelik, of mondelings indien nie kan skryf nie, by of tot die Munisipale Bestuurder voor die sluitingsdatum vir die indiening van besware/verto by bovermelde adres of na Posbus 113, Potchefstroom, 2520 ingedien of gerig word, of kan per e-pos aan Nthabiseng Dipale gestuur word by dipalen@jbmarks.gov.za, met vermelding van bogenoemde opskrif die beswaarmaker se belang in die saak, die grond(e) van die beswaar/verto, die beswaarmaker se erf en telefoonnommers en adres. SLUITINGSDATUM VIR DIE INDIENING VAN BESWARE/VERTO: 11 JUNIE 2026 AARD VAN AANSOEK: DORPSTIGTING:Ons het aansoek gedoen vir die stigting van `n dorp ingevolge Artikel 56, vervat in Hoofstuk 5, saamgelees met Hoofstuk 6, van die Tlokwe Stadsraad se Verordening op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2015, en die Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur (Wet 16 van 2013), op Gedeelte 467 (`n Gedeelte van Gedeelte 14) van die plaas Vyfhoek 428, Registrasie Afdeling I.Q., Provinsie Noordwes. Die voorgestelde dorp sal bekend staan as Baillie Park Uitbreiding 67. VRYSTELLING VAN ONDERVERDELING EN KONSOLIDASIE: Ons het aansoek gedoen vir vrystelling van onderverdeling en konsolidasie vir die registrasie van `n reg-van-weg serwituut, ingevolge Artikel 71(1)(c), vervat in Hoofstuk 5, saamgelees met Hoofstuk 6, van die Tlokwe Stadsraad se Verordening op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2015, en die Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur (Wet 16 van 2013). OPHEFFING VAN BEPERKENDE VOORWAARDES: Ons het aansoek gedoen vir die opheffing van beperkende titelaktevoorwaardes ingevolge Artikel 63, vervat in Hoofstuk 5, saamgelees met Hoofstuk 6, van die Tlokwe Stadsraad se Verordening op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2015, en die Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur (Wet 16 van 2013), ten einde die dorp te stig, vanaf Gedeelte 467 (`n Gedeelte van Gedeelte 14) van die plaas Vyfhoek 428, Registrasie Afdeling I.Q., Provinsie Noordwes, insluitend Voorwaarde B
•Bladsy 3 en Voorwaarde C
•Bladsy 3 in Titelakte T11022/2020. Die aansoekperseel is gele langs die N12, oos van Potchefstroom en langs Ubique Auctioneers. AANTAL ERWE IN VOORGESTELDE DORP: Voorgestelde Sonering, Erwe en Groottes: *`Besigheid 2` Sonering vir 1 Erf met `n grootte van 0.7504ha, `Nywerheid` Sonering vir 6 Erwe met `n totale grootte van 1.8662ha, `Privaat Oopruimte` Sonering vir 1 Erf met `n grootte van 0.3292ha, `Privaat Pad` Sonering vir 1 Erf met `n grootte van 0.1840ha. EIENAAR : AGREENCO ENVIRONMENTAL PROJECTS (PTY) LTD (REGISTRATION NO.: 2012/157824/07) APPLIKANT : K.W., ROST (GEBOORTE DATUM: 1976/07/21) VAN TOWNSCAPE PLANNING SOLUTIONS CC (REGISTRASIE NOMMER: 2000/045930/23) ADRES: VAN GRAAN STRAAT 14, POTCHEFSTROOM, 2531. POSBUS 916, POTCHEFSTROOM, 2520 TEL NR: 082 662 1105 E-POS: wilhelm@tpsplanners.co.za ONS VER: TE223 BAILLIE PARK UITBREIDING 67 MUNISIPALE BESTUURDER: MR K KUMBE PH109 KENNISGEWINGS
•NOTICES KENNISGEWINGS
•NOTICES
Reference Number: KR002096