KR002097

PH110 – JB MARKS PLAASLIKE MUNISIPALITEIT DORPSTIGTING, OPHEFFING VAN BEPERKENDE VOORWAARDES & REGISTRASIE VAN `N SERWITUUT VAN DER HOFF PARK UITBREIDING 91 Kennis geskied hiermee in terme van Artikel 92(1)(d) & (e) van die Tlokwe Stadsraad se Verordening op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbeheer, 2015, saamgelees met SPLUMA (Wet 16 van 2013) dat ondergemelde aansoek deur die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit ontvang is en ter insae beskikbaar is gedurende gewone kantoorure te die kantoor van die Departement van Menslike Nedersettings en Beplanning, JB Marks Plaaslike Munisipaliteit, Kantoor 210, Tweede Vloer, Dan Tloome Kompleks, op die hoek van Wolmaransstraat en Sol Plaatjielaan, Potchefstroom. Enige beswaar/verto moet skriftelik, of mondelings indien nie kan skryf nie, by of tot die Munisipale Bestuurder voor die sluitingsdatum vir die indiening van besware/verto by bovermelde adres of na Posbus 113, Potchefstroom, 2520 ingedien of gerig word, of kan per e-pos aan Nthabiseng Dipale gestuur word by dipalen@jbmarks.gov.za, met vermelding van bogenoemde opskrif die beswaarmaker se belang in die saak, die grond(e) van die beswaar/verto, die beswaarmaker se erf en telefoonnommers en adres. SLUITINGSDATUM VIR DIE INDIENING VAN BESWARE/VERTO: 11 JUNIE 2026 AARD VAN AANSOEK: DORPSTIGTING: Ons het aansoek gedoen vir die stigting van n dorp, in terme van Artikel 56, vervat in Hoofstuk 5, saamgelees met Hoofstuk 6, van die Tlokwe Stadsraad Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur Verordening, 2015, en SPLUMA (Wet 16 van 2013) op Gedeelte 1 van Hoewe 3 Vyfhoek Landbouhoewes, Registrasie Afdeling I.Q., Provinsie Noordwes. Die voorgestelde dorp sal bekend staan as Van Der Hoff Park Uitbreiding 91. OPHEFFING VAN BEPERKENDE VOORWAARDES: Ons het aansoek gedoen vir die opheffing van beperkende titleakte voorwaardes en die uitlsuiting van landbou hoewes, in terme van Afdeling 63, vervat in Hoofstuk 5, saamgelees met Hoofstuk 6, van die Tlokwe Stadsraad Ruimtelik Verordening op Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2015, en SPLUMA (Wet 16 van 2013) en ingevolge die Wet op die Registrasie van Landbouhoewes (Transvaal), 1919 (Hoewewet), vir die opheffing van beperkende titelvoorwaardes van `n landbouhoewe.ten einde die dorpstigting te kan bewerkstellig vanaf Gedeelte 1 van Hoewe 3 Vyfhoek Landbouhoewes, Registrasie Afdeling I.Q., Provinsie Noordwes, insluitend Voorwaarde B(a) – Bladsy 3, Voorwaarde B(b) – Bladsy 3,Voorwaarde B(c)(i) & (ii) in sy geheel – Bladsy 3, Voorwaarde B(d)(i), (ii), (iii), (iv), (v) & (vi) in sy geheel – Bladsye 3 & 4, Voorwaarde B (e) – Bladsy 4, Voorwaarde B(f) – Bladsy 4, Voorwaarde B (g) – Bladsy 4, Voorwaarde B(h) – Bladsy 4, Voorwaarde B (i) – Bladsy 4, Voorwaarde C(a)(i), (ii) & (iii) – Bladsye 4 & 5, Voorwaarde C(b) – Bladsy 5, Voorwaarde C(c) – Bladsy 5 en Voorwaarde C(d) – Bladsy 5, in Titelakte T2464/2026. REGISTRASIE VAN `N SERWITUUT: Ons het aansoek gedoen vir die registrasie van `n reg-van-weg serwituut, in terme van Artikel 71(1)(c), vervat in Hoofstuk 5, saamgelees met Hoofstuk 6, van die Tlokwe Stadsraad Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur Verordening, 2015, en SPLUMA (Wet 16 van 2013) op Gedeelte 1 van Hoewe 3 Vyfhoek Landbouhoewes, Registrasie Afdeling I.Q., Provinsie Noordwes. Die aansoekgebied is gele oos van Thabo Mbeki-rylaan, wat van Potchefstroom na Carletonville lei, en oos van Mooirivier Junction en Ivy League-woonkompleks in Oudebrugstraat. AANTAL ERWE IN VOORGESTELDE DORP: Voorgestelde Sonering: `Residentieel 1` om een woonhuis met `n bylae vir `n `woonstel`, beperk tot 100m, per erf te akkommodeer, Aantal Erwe: 4 erwe, Area (HA): 1.0707ha EIENAAR : OUDEBRUG HOEWE 12 PTY LTD (REGISTRASIE NOMMER: 2025/708253/07) APPLIKANT : K.W., ROST (GEBOORTE DATUM: 1976/07/21) VAN TOWNSCAPE PLANNING SOLUTIONS CC (REGISTRASIE NOMMER: 2000/045930/23) ADRES : VAN GRAAN STRAAT 14, POTCHEFSTROOM, 2531. POSBUS 916, POTCHEFSTROOM, 2520 TEL NR : 082 662 1105 E-POS : wilhelm@tpsplanners.co.za ONS VER : TE227 VAN DER HOFF PARK UITBREIDING 91 MUNISIPALE BESTUURDER: MR K KUMBE

Reference Number: KR002097

View All Classifieds View Legal Notices Entries

Back to top button