TA017078
KENNISGEWING KENNISGEWING VAN GRONDONTWIKKELINGSAANSOEK INGEVOLGE DIE STAD VAN MBOMBELA BY-WET OP RUIMTELIKE BEPLANNING EN GRONDGEBRUIKSBESTUUR 2019
Ons, Woza Nawe Development Planners, namens die geregistreerde eienaars van die eiendomme hieronder genoem, het die volgende grondontwikkelings- aansoeke ingedien in terme van die Stad van Mbombela By-Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruiksbestuur 2019:
AM/26/00420 vir die hersonering van Erf 319 Sonheuwel Dorp, van `Residensiel` na `Inrigting` vir `n onderrigplek beperk tot 10 studente, asook `n 1- slaapkamer wooneenheid.
Die eiendom is gele te
12 De Kockstraat, Sonheuwel Dorp;
AM/25/00399 & SD/25/00042 vir die hersonering van the Restant van Hoewe 1 White River Estate Agricultural Holdings, van `Landbou` na `Landelike Bewoning` en `Landbou` ten einde die eiendom in 5 gedeeltes te onderverdeel, asook grondgebruiksreg vir `n boorgat kontrakteursonderneming op die `Landbou` gesoneerde gedeelte. Die aansoekperseel is gele 500m direk suid van Witrivier, direk aangrensend die St. Andrewspad.
`n Afskrif van die aansoeke en ondersteunende dokumente is verkrygbaar gedurende normale kantoor ure by die kantoor van die Senior Bestuurder: Grondgebruiksbestuur, kantoor 205, Burgersentrum, 1 Nelstraat, Mbombela, 1201, by die volgende kontaknommer: 013-759-2185.
Geskrewe kommentaar of besware met redes vir beswaar moet ingedien word in die voorgeskrewe formaat aan: Die Munisipale Bestuurder, Posbus 45, Nelspruit, 1200; of afgelewer word by Registrasie afdeling Rekords, eerste verdieping, Burgersentrum, of gefaks word na 013 -759- 2070 of per e-pos te
registry@mbombela.gov.za nie later as 8 Junie 2026.
Die formaat vir die kommentaar vir besware is verkrygbaar by die kantoor van die Senior Bestuurder:
Grondgebruiksbestuur, by bovermelde adres of webwerf: www.mbombela.gov.za.
Enige persoon wat nie kan lees of skryf nie mag enige personeellid van die kantoor van die Senior Bestuurder: Grondgebruikbestuurgedurende kantoor ure raadpleeg en bystand sal aan sodanige persoon verleen word om beswaar of kommentaar saam te stel.
Kontakbesonderhede van aansoeker: Woza Nawe Development Planners, Posbus 7635, Nelspruit, 1200, Tel: 082-873-5010, e-pos: wozanawe@mweb.co.za.
Reference Number: TA017078