News

Rhinoweek ‘n juweel van die Vaal

Die 11de jaarlikse Rhinoweek het verlede Woensdag op die VUT Isak Steyl-stadion afgeskop.

VANDERBIJLPARK – Die week het sedert sy beskeie ontstaan in 2015 gegroei tot een van die top weke in Suid-Afrika.

Die week is die breinkind van Dries van Heerden, voormalige skoolhoof van die HTS Vereeniging en ‘n legende in Suid-Afrikaanse sportkringe.

Deesdae word die week deur hom en sy vennoot Martin van Wyngaardt aanmekaar getimmer.

Die hokkie, netbal en rugbyspanne wat na afloop van die week gekies word gaan onder meer in Thailand, Spanje en Frankryk toer.

Die week bring jaar duisende voete en honderde duisende rande na die Vaaldriehoek.


Die Vaal Universiteit van Tegnologie, sakelui en die Gauteng Sport Konfederasie asook die plaaslike munisipaliteit het hulle onwrikbare ondersteuning aan die week tydens die openingseremonie toegeein en dit in vetdrukletter uitgespel dat hulle alles in hul vermoe sal doen om die week in die Vaaldriehoek te behou.


Die week is ‘n nie net ‘n ernorme finansiele inspuiting vir die gemeenskap nie, maar skep geleenthede vir soveel spelers wat op meriete aan die week deelneem. Volgens van Heerden word geen kind op grond van ras, geloof of taal weggewys nie.

“Sowat 20 tot 25 persent van die kinders wat hier deelneem kan dit nie bekostig nie. Ons het nog nooit en sal nooit ‘n kind wegwys omdat hulle dit nie kan bekostig nie,” gee hy te kenne.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: [email protected]
Back to top button