News

Pienk krieketaksie by Dick Fourie-stadion

Hierdie Saterdag word daar weer vier wedstryde in die Caner Awareness T10-toernooi gespeel, wat ook die finaal insluit.

VEREENIGING – Die eerste naweek van die Cancer Awareness T10-kriekettoernooi is die afgelope naweek by die Dick Fouriestadium gespeel en behalwe dat dit groot pret was, was dit ook ‘n groot sukses.

Die vier senior krieketklubs wat die toernooi ondersteun, sluit in: Vereeniging, Meyerton, Die Ratels en die Pink Squad (bestaande uit oorwegend Route 66-spelers van Vanderbijlpark).

Die seniorspanne het mekaar op die A-veld aangepak, terwyl Vereeniging Krieketklub se juniors aan ‘n prettige pa- en seuns-krieketdag op die B-veld in aksie was.

Na afloop van die naweek se spel, is Vereeniging tans bo-aan die punteleer.

“Ons beoog om verlede jaar se skenking van R55 000 aan CANSA Vaal te verbeter, maar ons is nog bietjie kort. So enige donasies van die publiek of besighede sal hoog op prys gestel word,” sê Luan Claasen, onder-voorsitter van die Vereeniging Krieketklub.

Luan Claasen, speler en onder-voorsitter van die Vereeniging Krieketklub.
Kriegler Botha van die Ratels se middelpen kantel in die wedstryd teen die Pienk Squad. Foto’s: Elsje Vermeulen
Pearce Viljoen van die Vereeniging Krieketklub glimlag trots met sy pienk snor vir die kamera.
Dit was ‘n heerlike dag vir krieket, maar van die toeskouers (of sosiale media-vlinders) het nie onnodig kanse gewaag nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button