News

Gewilde Parys-vliegskou gekanselleer

Dit is inderdaad slegte nuus vir Parys en omliggende dorpe van die Vaal dat hierdie hoogtepunt gesneuwel het.

PARYS – Die Parys-lugskou, wat vir Sondag 19 Julie beplan was, is amptelik gekanselleer.

Die organisasie beklemtoon egter dat die besluit geensins ‘n weerspieëling is van Parys of sy lugvaartgemeenskap nie.

“Die entoesiasme en ondersteuning van die Paryslugvaartgemeenskap is deur die hele beplanningsproses baie waardeer.

“Ons bedank almal wat hul tyd, moeite en toewyding ingesit het en sien daarna uit om Suid-Afrikaanse lugvaart deur toekomstige geleenthede te bly bevorder,” lui die Smoke on… Go! Foundation verklaring.

Die organisasie het die besluit ná deeglike oorweging geneem as deel van sy langtermynstrategie.

Volgens die stigting gaan toekomstige lugskoue eerder in groter metropolitaanse gebiede aangebied word, waar groter bevolkingsdigtheid sterker korporatiewe ondersteuning en beter infrastruktuur bied.

Dit sal glo bydra om die lugskoue volhoubaar uit te bou en ‘n hoë gehalte ervaring vir deelnemers, uitstallers, borge en toeskouers te bied.

Die Smoke on… Go! Foundation het verder bevestig dat al sy ander beplande lugskoue nie hierdeur geraak word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button