Local newsNews
Valie is Miss. Pre-Teen Universe South Africa
Sy is net 10 jaar oud, maar Marianke Luus het al vele titels verower.
VANDERBIJLPARK – Marianke Luus is net 10 jaar oud, maar dra alreeds verskeie krone en vat skoonheidskompetisies soos ʼn professionele model aan.

Die leerder van die Laerskool Emfulenipark het verlede week aan die Mr. & MIss Jnr South Africa deelgeneem. Die kompetisie is in Pretoria gehou. Sy is gekies as Best Pre-Teen Ramp model en Best Pre-Teen Evening wear.
Marianke het reeds verskeie titels, waaronder Miss Pre-Teen South Africa 2026, Miss Pre-Teen Universe South Africa 2026 en Miss Pre-Teen South Africa Gauteng, agter haar naam.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
