Local newsNews

Vaalpets verras met kunswerke

Dis nie aldag dat 'n internasionaal erkende beeldhouer kunswerke vir 'n diere versorgings organisasie skenk nie.

VANDERBIJLPARK – Mark Swart is ‘n beeldhouer wat met metaal toor. Sy kunstige beelde staan wêreldwyd in tuine en geboue.

Onlangs het Quanita Venter en Danielle van Rooyen van Vaalpets Rescue Centry by Mark se studio in Vaalpark besoek afgelê vir ‘n vinnige toer deur die studio en werkswinkel.

Danielle van Rooyen en Quanita Venter oorstelp van vreugde agter twee van die beelde wat aan Vaalpets Rescue Centre geskenk is. Foto: Gerda Bruinette

Mark het ‘n hond by Vaalpets aangeneem en besluit om ‘n kunswerk aan die organisasie te skenk.

Groot was die dames se verbasing toe hy hulle vra om nie een nie, maar drie van sy kunswerke te kies. Hulle kon dit nie glo nie!

Dit was wik en weeg, maar hulle het hul gunstelinge gekies, die een nogal in ‘n pragtige blou wat perfek by Vaalpets se kleure pas.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: [email protected]
Back to top button