News
Man steeds vermis, voertuig op R59-brug gevind
Sy voertuig is reeds gevind, maar hy word steeds vermis.
VEREENIGING – ’n Soektog is van stapel gestuur na Hendrik Fredrick “Hennie” Louw (56), wat sedert Dinsdagoggend, 25 Augustus, vermis word.
Volgens beskikbare inligting het Louw sy seun omstreeks 07:00 by die skool afgelaai. Sy verlate voertuig is later op ‘n brug langs die R59-brug aangetref.
Louw het groen oë en gryserige hare. Hy weeg ongeveer 100 kg en het ’n gemiddelde liggaamsbou.
Enigiemand wat Louw gesien het of oor inligting beskik wat kan help om hom op te spoor, word versoek om die Vereeniging polisie by 016 450 2262 te kontak.
Inligting kan ook met behulp van die MySAPS-app deurgegee word of by Crime Stop by 08600 10111 aangemeld word.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!