Local newsNews
Vaalpets verras met kunswerke
Dis nie aldag dat 'n internasionaal erkende beeldhouer kunswerke vir 'n diere versorgings organisasie skenk nie.
VANDERBIJLPARK – Mark Swart is ‘n beeldhouer wat met metaal toor. Sy kunstige beelde staan wêreldwyd in tuine en geboue.
Onlangs het Quanita Venter en Danielle van Rooyen van Vaalpets Rescue Centry by Mark se studio in Vaalpark besoek afgelê vir ‘n vinnige toer deur die studio en werkswinkel.

Mark het ‘n hond by Vaalpets aangeneem en besluit om ‘n kunswerk aan die organisasie te skenk.
Groot was die dames se verbasing toe hy hulle vra om nie een nie, maar drie van sy kunswerke te kies. Hulle kon dit nie glo nie!
Dit was wik en weeg, maar hulle het hul gunstelinge gekies, die een nogal in ‘n pragtige blou wat perfek by Vaalpets se kleure pas.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!