Skenk ʼn halter, help ʼn perd in nood
Die Highveld Horse Care Unit red perde al vir 35 jaar. Hier word die perde gehelp en hervestig. Tans vra hul vir halters. Kan jy dalk help?
MEYERTON – Die Highveld Horse Care Unit (HHCU) is ʼn perdeversorgingseenheid wat sedert hul ontstaan in 1991 al duisende perde (en donkies) gered, gesond gedokter en nuwe huise voor gekry het.
Hulle reik ook gereeld uit na plaaslike gemeenskappe om perde-eienaars te help en te leer hoe om perde te versorg. Die HHCU sê hul kom gereeld af op perde wat ou, gebreekte of selfgemaakte halters dra.
Die HHCU het derhalwe ʼn beroep op perdeliefhebbers gedoen om nuwe of goeie kwaliteit tweedehandse halters in alle groottes te skenk, sodat hulle kan help om halters te vervang waar nodig.
Die plekke waar die halters afgelewer kan word, is op die Highveld Horse Care Unit se Facebookblad gelys.
Die HHCU sê: “Every halter donated helps us make life a little safer and more comfortable for an equine in need. Small donation. Big difference.”
