Local newsNews
Dié Hoekies is wiskunde se baas
Wiskunde is nie almal se speelmaat nie, maar vir Inamri van Dyk en Anja Nel is dit kinderspeletjies.
VANDERBIJLPARK – Die Provinsiale Rondte van die Wiskunde Olimpiade is agter die rug en twee van Hoërskool Driehoek se leerders wag nou vir die uitslae wat op 12 September bekend gemaak gaan word.
Intussen is die Distrik Rondte van die Wiskunde Olimpiade se uitslae bekendgemaak. Inamari van Dyk was eerste en Anja Nel tweede.
Hoërskool Driehoek het die duo gelukgewens en gesê: “Wat ’n ongelooflike prestasie! Ons is HOEKIE-trots op julle en die harde werk wat julle aan die dag gelê het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
