Waar is al die soettande?
Merk 26 September in jou dagboek. Dis dié dag wat diëte opsy geskuif word en jy jouself mag bederf met 'n cupcake van hoop.
Dis September en weer tyd vir die National Cupcake of Hope dag. Dit word op 26 September gevier. Op die dag word daar lekker cupcakes dwarsoor die land verkoop om geld in te samel vir kinders wat met kanker gediagnoseer is.
Die eerste Cupcake of Hope dag is in 2012 gehou en elke jaar word meer bakkers ingespan. Hierdie jaar beoog die Cupcake Angels om 200 000 cupcakes te verkoop en R2 miljoen in te samel om kinders en hul ouers te help om die kankerpad te stap.
In die Vaaldriehoek sal die spesiale cupcakes by Silverado Spur in Vanderbijlpark, die Vaal Mall en by Riversquare in Drie Riviere te koop wees.
Die verkope begin om 09:00. Kom vroeg om seker te maak jy kry joune!
Vir navrae kontak:
* Silverado Spur Rochelle: 066 044 382
* Riversquare: 066 044 3082
* Vaal Mall Nicole: 079 355 1379
Besoek ook die amptelike webtuiste by https://cupcakesofhope.org/.
