News

Stukkende toerusting stuit ELM-7 se borgtogaansoek

Verdagtes bly in aanhouding.

VANDERBIJLPARK – ’n Stukkende opnamemasjien het vandag die borgtogaansoek van sewe Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit-werknemers vertraag wat daarvan beskuldig word dat hulle by ’n beweerde onwettige elektrisiteit-herkoppelingskema betrokke is.

Die groep het vandag in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn, maar die verrigtinge kon nie voortgaan nie omdat die toerusting in Hof B nie gewerk het nie.

Die beskuldigdes David Senekal, Caroline Maduna, Kenneth Mahobe, Hlawutelo Baloyi, Pule Masilo, Andries Maduna en Sibusiso Tshabalala staan tereg op verskeie aanklagte, waaronder die peutering met noodsaaklike infrastruktuur, bedrog, diefstal en geldwassery tel.

Lumka Mahanjana, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het haar frustrasie uitgespreek en gesê die staat was ten volle gereed om met die saak voort te gaan en borgtog sterk teengestaan het.

Lumka Mahanjana, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het haar frustrasie uitgespreek,

Volgens haar was die probleem buite die staat se beheer, aangesien hof opnametoerusting onder die Departement van Justisie val.

“Die landdros en die aanklaer het ooreengekom dat hulle die saak by die volgende verskyning sal prioritiseer,” het Mahanjana gesê.

Die saak is tot 2 September uitgestel om die hof in staat te stel om reëlings te tref sodat die beskuldigdes in ’n hofsaal met werkende opnametoerusting kan verskyn.

Die NVG het ook gewaarsku dat verdere aanklagte kan volg namate die ondersoek na die beweerde skema voortduur.

Die sewe verdagtes bly in aanhouding totdat hulle weer in die hof verskyn.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button