Local newsNews

Drie Hoekies deur na semi-finale van Oppie Tong Af Redenaars

Om sommer so uit die vuis 'n met oortuiging te kan redeneer, is nie almal se boeretroos nie, maar die drie Hoekies wys dit kan gedoen word.

VANDERBIJLPARK – Die groot Oppie Tong Af Redenaarskompetisie se semifinale-rondte is om die draai. Dit vind volgende week aanlyn plaas. Die Hoërskool Driehoek is trots op drie van hul leerders wat deurgedring het.

Jowan Kemp (Gr. 9) neem deel aan Afrikaans Oorredend – Voorbereid, Afrikaans Oorredend – Onvoorbereid en Die Goue Tong. In die Goue Tong-afdeling ontvang deelnemers ‘n beredeneerde onderwerp. Hulle het dan vyf minute om standpunt in te neem en voor te berei.

 Jani Kemp (Gr.12) staan sy man in Afrikaans Oorredend – Voorbereid en Engels Oorredend – Voorbereid. Terwyl Inamari van Dyk (Gr.8) die toon aangee in Afrikaans Oorredend – Onvoorbereid.

Die skool sê: “Baie geluk aan hierdie drie leerders met jul uitstekende prestasie! Julle harde werk, goeie voorbereiding en besondere redenaarstalent het vrugte afgewerp.

Ons wens julle alle voorspoed toe met die semifinale-rondte. Mag julle met selfvertroue, oortuiging en welsprekendheid optree en elke geleentheid ten volle benut. Ons is trots op julle, Hoekies!”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button