SASOLBURG – Die Vaaldriehoekse krieketseisoen is goed op dreef.
Die o14-krieketspan van die Hoërskool Transvalia het verlede Woensdag anderkant die Vaalrivier gaan amok maak toe hy Sasolburg Hoërskool op sy tuisveld met 9 paaltjies verslaan het.
Die tuisspan is vir 59/10in die 16de beurt uitgeboul.
Ricardo Oelofse het 4/16 laat kantel en Ryan Hamilton het 3/6 platgetrek. Die besoekers het daarna slegs 7 beurte benodig om die telling verby te steek.
James van Vuuren (33*) en Nathan Engelbrecht (15*) het Valia se kolfaanslag gelei.
Die dogtersliga word op Maandae beslis, terwyl die o14’s, tweede spanne (T20), o15B-spanne en eerste spanne (T20) onderskeidelik Woensdae en Donderdae slaags raak.
Die eendagformaat wedstryde vir die o15A’s, tweede en eerste krieketspanne vind elke Saterdag plaas.
