Treffende foto’s by klubaand
Die Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging se maandelikse klubaand is onlangs gehou en soos gewoonlik was daar weer 'n fees vir die oog.
Die wenners van die onderskeie afdelings is:
Aanlyn-inskrywings – Haig Fourie (senior fotograaf) met African hummingbird hawk moth.
Maandonderwerp (landskappe) – Mietsie Visser (senior fotograaf) met Drie skone kokers.
Monochroom – Renèe Storme (senior fotograaf) met Back lit grays.
Selfone – Chanel Enslin was die wenner met Struisbaai lighuis in die senior-afdeling, en Marisca Botha met Shanghai in neon was die wenner in die junior-afdeling.
Ope-afdeling – Haig Fourie was die wenner met Brown katydid nymph in die senior-afdeling, wat ook die algehele wenfoto vir die aand in die senior-afdeling was.
Marisca Botha was die wenner in die junior-afdeling met My Prescious, wat ook die algehele wenfoto vir die aand was in die junior-afdeling.

Al die wenfotos kan op die klub se amptelike webtuiste www.vdbp-photo.org besigtig word, waar interessante artikels ook gedeel word.
Die klub nooi belangstellendes om saam te kom kuier met hul volgende klubaand op 18 September.
Die klub bied ook binnekort ‘n fotografiekursus vir beginners aan.
Kontak Johan Brits by 082 718 8394 of tsawa@yebo.co.za vir meer inligting.




