Local newsNews

A++ vir D.F se Adelie

Adelie de Toit se laerskoolloopbaan is amper verby, maar by Laerskool D.F Malherbe het sy diep spore getrap en geskryf.

VANDERBIJLPARK – Laerskool D.F Malherbe se onderhoofmeisie vir 2026 se ster brand helder. Sy het vir agt items gekwalifiseer vir Con Spirito se Nasionale Rondte. Daar het sy vir al haar items ʼn A++ verwerf.

Adelie het in die drama kategorie vir Engels en Afrikaans deelgeneem. Haar items was: Monoloog, Gedramatiseerde poësie, Poësie, Gedramatiseerde Prosa, Poetry, Prose, Dramatised Poetry and Monologue.

Adelie se ma, Felicia Snyman-Du Toit het laat weet: “Ek het ook die week die e-pos ontvang dat sy die Nasionale Item Wenner is in twee kategorieë, naamlik Dramatised Poetry en Undramatised Prose. Sy ontvang toekennings by hulle Prestige Prysuitdeling die 13de September.”

D.F Malherbe is trots op hierdie ster-leerder en sê sy het uitmuntend presteer. “Baie, baie geluk…. hierdie prestasie verdien eervolle vermelding.”

Adelie skryf ook haar eie stories en verlede jaar het sy vir die Young Publishers kompetisie ingeskryf en die Afrikaans en Engelse kategorie gewen.

Sy leef uit wat sy in ʼn hoofleiersboodskap aan die skool gesê het in die begin van die jaar: “Sien dit (die jaar) as ʼn boek met 365 leë bladsye, waarin jy groot drome kan droom, foute kan maak, hard kan werk, maar ook seën te kan bring vir almal om jou.

“Jy is nooit te oud of te jonk om ʼn nuwe doelwit te stel nie. Glo dat jy kan, dan het jy reeds halfpad gewen.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button