VANDERBIJLPARK – Die Laerskool Emfulenipark se jaarlikse Lente Pretloop wat op Woensdag 2 September plaasgevind het, was weer ‘n reuse sukses.
Die 2.5 km en 5 km wedlope het oud, jonk en mense van alle fiksheidsvlakke gelok. Dit was kleurvolle affêre met honderde leerlinge en lede van die gemeenskap wat die lente met ope arms verwelkom.
Die Minions was ook daar en natuurlik was die skoolhoof, Frans van Kradenburg, op sy pos met sy vespa-bromponie wat die hardlopers en stapper op die roete uitgelei het.











At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
