News

Elf vas ná dodelike skaregeweld

Polisie ondersoek twee moordsake.

ORANGE FARM – Elf verdagtes is in hegtenis geneem nadat ’n groep gemeenskapslede na bewering ’n man Donderdag in Uitbreiding 10 in Orange Farm, suid van Johannesburg, doodgeslaan het.

Die polisie is op 5 November omstreeks 11:00 na die toneel ontbied. Hulle het die man se liggaam in die straat naby sy huis aangetref. Hy het ernstige kneusplekke oor sy hele liggaam gehad. Sy ma het hom op die toneel uitgeken.

Volgens die polisie dui die voorlopige ondersoek daarop dat die aanval gevolg het op ’n voorval vroeër dieselfde oggend in die buurt. ’n Man (38) het tydens ’n rusie met die man wat later dood aangetref is, ’n steekwond opgedoen. Die rusie het glo oor ’n vermiste selfoon gegaan. Die 38-jarige is na ’n plaaslike kliniek gehaas en het later aan sy beserings beswyk.

Gemeenskapslede het die man wat hulle van die messteek verdink het, na bewering opgespoor en ernstig aangerand. Hy het op die toneel aan sy beserings beswyk.

Die polisie ondersoek twee moordsake. Die elf verdagtes is in verband met die aanval deur die skare in hegtenis geneem en sal op aanklagte van moord in die landdroshof in Vereeniging verskyn.

Lt.kol. Jean Andre Otto, waarnemende stasiebevelvoerder van die Orange Farm-polisie, het die aanval ten sterkste veroordeel.

“Dit is ’n misdryf om die reg in eie hande te neem,” het Otto gesê. Hy het inwoners aangemoedig om nou met die polisie saam te werk om misdaad in hul woonbuurte te bekamp.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: [email protected]
Check Also
Close
Back to top button